Deur Zukile Majova
Hoewel Sisi Tolashe die Adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede is, is sy nie wyd bekend in Suid-Afrika buite ANC-kringe nie.
Met 1,756 stemme het Tolashe die voormalige ANCVL-president Bathabile Dlamini verneder; dié het net 170 stemme gekry.
Haar werklike opponent was Thembeka Mchunu, die vrou van Minister van Water Senzo Mchunu, wat 1,038 stemme gekry het.
Mchunu was ‘n kandidaat van die KwaZulu-Natal provinsie, wat die hoofaanspraakmaker op die Ramaphosa-regime is.
Tolashe kom van Queenstown in die Oos-Kaap – ‘n provinsie wat die afgelope vyf jaar bankvas agter Ramaphosa staan.
Haar tuisdorp is geruk deur voortslepende betogings oor die stadige pas in die verskaffing van basiese dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie.
Sy is ook nie uitgesproke oor kwessies wat die jeug, vroue en persone met gestremdhede raak nie.
President Cyril Ramaphosa het die afsluitingsrede by die ANCVL-konferensie gelewer en die liga opdrag gegee om “vroue regdeur die samelewing vir die ANC te mobiliseer”.
“Vroue is in ‘n kragtige posisie om verandering aan te dryf. Hulle het ‘n enorme politieke en sosiale stem.
“Vroue maak meer as die helfte van ons bevolking uit.
“Meer vroue is geregistreer om te stem as mans, en die stempersentasie onder vroue is merkbaar hoër,” het Ramaphosa gesê.
Die ANCVL se topleierskap bestaan ook uit die volgende: Lungi Gcabashe — adjunkpresident, Nokuthula Nqaba — sekretaris-generaal, Dina Pule — adjunk-sekretaris-generaal, en Maqueen Letsoha-Mathae — tesourier-generaal.
Op die foto hierbo: Sisi Tolashe is verkies tot president van die ANC-vroueliga
Bron: AthiGeleba