Deur Dylan Bettencourt
SPORTKEUR: Banyana Banyana begin Sondag hul 2023 Vroue Wêreldbeker-veldtog teen Swede.
Banyana is dalk die grootste buiteperde, synde dat hulle ‘n groep deel met Swede, Argentinië en Italië, maar dit sal hulle nie keer nie.
Banyana is ook Afrika-kampioene en sal wil bewys hulle het wat benodig word om met die beste spanne ter wêreld mee te ding.
Soos met enige Wêreldbeker is ‘n goeie begin van kardinale belang. Wen die eerste wedstryd en die res lyk eenvoudig, maar verloor die eerste wedstryd en die res lyk soos ‘n onoorkombare hindernis.
Banyana Banyana het maar ‘n power Wêreldbeker-rekord, maar nou is dit tyd om te bewys presies wat hulle al sover behaal het.
Refiloe Jane mag lyk na die uitblinker wat haar span se glorie sal verseker, maar afrigter Desiree Ellis weet maar te goed dat dit spanwerk verg om sukses te behaal op die wêreldverhoog.
Suid-Afrikaanse ondersteuners sal Sondag om 7vm moet wakker moet wees om Banyana in aksie teen Swede te sien.
Die wedstryd word regstreeks op DStv-kanaal 205 uitgesaai.
➤ Na ‘n week se verlof keer Formule 1 terug vir die Hongaarse Grand Prix met alle oë op een man.
En nee, daai man is nie Max Verstappen nie; dit is Daniel Ricciardo, wat na slegs ‘n paar maande se afwesigheid sy terugkeer na die sport maak.
Die Australiër het McLaren aan die einde van die 2022-seisoen verlaat, maar het verlede week die plek van Nyck de Vries vir Alpha Tauri oorgeneem.
Red Bull bly by verre die gunstelinge om nog ‘n oorwinning te behaal, maar aanhangers van die sport se oë sal gerig wees op Williams en McLaren, wat onlangs groot verbeteringe aangebring het.
Die Hongaarse Grand Prix is gereed vir aksie om 3nm Sondagmiddag.
Die wedren word regstreeks op DStv-kanaal 215 gewys.
➤ Die Derde As-toets sal die naweek voortgaan nadat dit Woensdag begin het, en Engeland is oorgehaal om met ‘n wonderwerk vorendag te kom.
Australië loop 2-1 voor in die reeks, maar Engeland toon ongelooflike veglus en gereed om ‘n allemintige oorwinning te behaal.
Die krieket begin elke dag om 12-uur totdat ‘n wenner uit die stryd tree.
Al die As-aksie is regstreeks op DStv-kanaal 212.
Op die foto hierbo: Banyana Banyana