Deur Razeen Gutta
Vier Afrikalande het die eindtoernooi om Fifa se Vroue-Wêreldbeker gehaal. Nigerië, Zambië en Marokko sluit hulle by Suid-Afrika aan. Almal se eerste mikpunt is om die kwarteindronde te haal. Geen span uit die kontinent kon dit nog regkry nie.
Hier is die sterre van die onderskeie spanne:
Refiloe Jane
Die briljante sentrale verdediger en spelskepper is Banyana Banyana se troefkaart. Dis onder meer haar taak om ruimte vir haar gevaarlike doelskieters te bewerkstellig.
Haar aankoms in Australië sal deur haar duisende fans Down Under verwelkom word. Sy het vir Canberra United in die W League gespeel voordat sy Italië toe vertrek het.
Asisat Oshoala
Nigeria en Afrika se voorste vroue-sokkerster sal graag op haar twee Wêreldbekerdoele wil bou.
Die Barcelona-doelskieter het die Afrika-Nasiebeker met ’n besering misgeloop. As sy fiks bly kan sy haar kanse verbeter om die sede keer as die kontinent se top-vrouespeler aangewys te word.
Ghizlane Chebbak
Chebbak het die Goue Stewel by laasjaar se Nasiebeker-toernooi ingepalm toe Marokka onverwags die eindstryd gehaal het.
Geen verdedigingslinie is veilig met haar in die omtes nie.
Barbra Banda
Zambië se kaptein is maar 23. Sy het tien doele in laasjaar se Cosafabeker-toernooi aangeteken. ’n Beter gestuigskrif is daar nie. Haar spoed maak haar dodelik op die teenaanval.
In die foto hierbo: Banyana Banyana se kaptein, Refiloe Jane
Fotobron: @idiskitimes