Burger King in Brasilië het ’n spesiale burger bekend gestel, met ’n pienk sousie wat oral afdrup, as deel van die viering van die nuwe Barbie-fliek.
Die kaasburger met spek kom met ’n pienk melkskommel, ’n pienk donut, en
Ken-tjippies aan die kant.
Kitskosgeesdriftiges is nie almal ewe opgewonde oor dié foefie nie. So kom mens agter wanneer jy die
miljarde stories daaroor op sosiale media van naderby beskou.
Iemand beskryf byvoorbeeld die pienk sous as “gekoude kougom”.
Die stelle van Greta Gerwig se skepping het glo een internasionale verfmaatskappy se voorraad
pienk verf geheel en al uitgeput.
Margot Robbie vertolk die titelrol, met met Ryan Gosling as Ken. Hy sê sy kinders het
sy toneelspel in die prent beïnvloed.
Die omstrede Barbie-burger volg kort op die hakke van Burger King se onlangse
uitreiking van “The Real Cheeseburger”, wat pleks van vleis 20 skywe Amerikaanse
kaas bevat.
In Thailand is dit om die beurt as “hemels” en “afgryslik” beskryf.
Die Barbie-fliek tref Suid-Afrikaanse rolprentteaters Vrydag.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto bierbo: Die Barbie Burger