Deur Buziwe Nocuze
Caciswa Mahashe, ‘n 26-jarige boer van die dorpie Futye in Xhorha, Oos-Kaap, maak ‘n daadwerklike verskil deur gratis groente aan minderbevoorregte gesinne te verskaf.
Sy het verlede Julie met die boerdery begin, en ten spyte van aanvanklike terugslae het Mahashe nie moed verloor nie.
Nadat haar eerste oes misluk het, het Mahashe geweier om tou op te gooi. Haar tweede probeerslag het suksesvolle resultate opgelewer, met haar kool- en spinasie-gewasse wat gedy.
Mahashe se passie vir boerdery het tydens hoërskool ontwikkel, terwyl sy saam met haar pa van landbou geleer het.
Sy verkoop haar produkte by Riri’s Farm, maar Mahashe se vrygewigheid strek verder as verkope.
Sy voel jammer vir die minderbevoorregte gesinne en voorsien hulle van groente, want sy het begrip vir hul omstandighede.
Sy het gesê: “Ek beoog om geld uit my boerdery te verdien, maar dit weerhou my nie daarvan om hulle te help sonder om iets terug te verwag nie.”
Hoewel sy onervare was, het Mahashe ondersteuning van Spar ontvang en is nou een van hul verspreiders.
Sy kry ook bystand van plaaslike skole en is dankbaar vir die ondersteuning, maar vasbeslote om meer klante te lok.
Terwyl sy tans deur haar pa ondersteun word, streef Mahashe daarna om helpers aan te stel en so by te dra tot die vermindering van werkloosheid.
Uitdagings lê in die aanskaf van ‘n trekker, die bou van ‘n heining en die verkryging van saailinge.
Alhoewel finansiële beperkinge veroorsaak het dat sy ‘n boerderybestuurkursus moes laat vaar, beplan Mahashe om verdere opleidoing te ontvang sodra haar geldsake dit toelaat.
Haar boodskap aan jongmense is om hul passies na te streef, te werk met wat hulle het, en iets waarvoor hulle lief is aan te pak.
Mahashe se toewyding verdien bewondering, en ‘n groeiende getal ondersteuners erken die belangrikheid van haar werk.
Nokuzola Vulindlu het gesê dat meer jongmense haar voorbeeld moet volg terwyl Akhona Siko dankbaarheid uitgespreek en Mahashe aangemoedig het om die gemeenskap te bly help.
Op die foto hierbo: Caciswa Mahashe, ‘n boer van Xhorha in die Oos-Kaap
Bron: Buziwe Nocuze