Deur Everson Luhanga
Die Polisie het Sondag op ’n daggaplaas op Fountains Head, Umkomaas, beslag gelê, met 1,200 daggaplante en masjienerie ter waarde van R10 miljoen.
KwaZulu-Natal se polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle ’n geheime hidroponiese daggalaborotorium bedryf het.
Polisiesegsman Kolonel Robert Netshiunda het die optrede bevestig. Hy het gesê die polisie was besig met ’n roetinepatrollie toe hulle op die daggafabriek afkom.
“Die polisie hoop om binnekort ’n derde verdagte, wat die plaas besit, aan te keer,” het Kolonel Netshiunda gesê.
Die ander verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Netshiunda het gesê in ’n afsonderlike optrede het lede van die provinsiale drank- en vuurwapen-eenheid op ’n groot hoeveelheid dwelms afgekom wat vir die Durbanse strate bestem was.
“Die span het op ’n woonstel toegeslaan en op omtrent 7,500 ecstasy-tablette en poeier, wat vermoedelik kokaïne en efedrien is, afgekom.”
Die straatwaarde van die dwelms word op R1.2 miljoen geraam.
In die foto hierbo: Die daggaplaas waarop die polisie afgekom het