SA blitse wys hakskene in Diamantliga

Deur Zukile Majova

Die twee vinnigste mense in Suid-Afrika, die goue seun Wayde van Niekerk (400m) en die sneltrein Akani Simbine (100m), was Sondag onstuitbaar by ’n Diamantligabyeenkoms in Silesia.

Van Niekerk se 44.08s is ’n baanrekord en sy vinnigste in sewe jaar. Simbine se witwarm 9.97 sekondes voorspel ook groot dinge vir hom in die opkomende Wêreldkampioenskappe.

Wayde, Olympiese en wêreldrekordhouer in die 400m, versnel met elke wedloop in die Diamantliga. Gister, op sy 31ste verjaardag, het hy tekens getoon van sy gloriedae, sewe jaar gelede.

’n Kniebeserings het in 2017 amper sy loopbaan beëindig, en sy herstel was lank en moeilik.

Sondag se tyd is ’n verbetering op die 44.38s waarmee hy laasmaand by ’n Diamantliga-wedloop in Oslo gewen het. Hy het vroeër vanjaar 44.17s op Potchefstroom genael. 

Hierdie tye kom nie naby die 43.03 wat hy in 2016 by die Olimpiese Spele in Brasilië opgestel het nie, maar hy neig daarheen. Niemand het nog vanjaar vinniger as 44 sekondes gehardoop nie.

“Ek kan weer voluit oefen. Dit wys 43 sekondes is moontlik,” het hy na sy oorwining gesê.

In die foto hierbo: Akani Simbine na sy skittersege in die 100m

Fotobron: Diamond League