Koning Carlos heers oor die hoofbaan

Deur Razeen Gutta

Carlos Alcaraz se sege met 1-6, 7-6, 6-1, 3-6, 6-4 teen een van die beste tennisspelers in die geskiedenis, Novak Djokovic, het ’n nuwe Wimbledon-era ingelui. 

Alcaraz is net 20 en die jongste speler wat nog bo aan die wêreldranglys was, en hierdie sege het twee dekades wat deur Roger Federer, Rafael Nadal, Andy Murray en die 2022 kampioen, Djokovic, tot ’n einde gebring.

Hy moes terugveg nadat Djokovic hom in die eerste stel van die baan gevee het. Hy is die derde jongste Wimbledon-wenner, ná Boris Becker en Bjorn Borg.

Djokovic het gemik na sy vyfde sege op ’n streep, en dit amper reggekry. Dit is sy eerste nederlaag op die hoofbaan in meer as ’n dekade. 

Hy was na die wedstryd erg emosioneel. “Nie so goed vir my nie, maar goed vir Carlos. Ongelooflik, daardie gehalte, aan die einde, toe hy vir ’n oorwinning moes afslaan. Jy verdien dit absoluut,” het hy aan die nuwe heerser van die hoofbaan gesê.

In die foto hierbo: Carlos Alcaraz 

Fotobron: @FOS