Deur Dylan Bettencourt
Sports Editor
SPORTKEUR: Die suidelike halfrond se wedstryd van die jaar (sover): Die Springbokke teen die All Blacks in Auckland. Dis waarskynlik die beslissende wedstryd in die Rugbykampioenskap, en een wat ons ’n beter idee gaan gee van albei se Wêreldbeker-kanse.
➤ Die Springbokke het Australië verlede Saterdag op Loftus Versfeld platgevee, en die All Blacks het die dieselfde met Argentinië gedoen.
Dis krag teen krag, en albei se beste kans om te kyk waar daar gate is om toe te stop en verstellings om te maak in die twee maande voor die Wêreldbeker. Wat ’n voorgereg!
Australië en Argentinië lek nog hulle wonde. Dit gaan interessant wees om te sien watter salf hulle onderskeie afrigters, Eddie Jones en Michael Cheika, uit hulle medisynekissies na vore gaan bring om die pyn te verlig.
All Blacks teen die Springbokke, regstreeks op DStv kanaal 201 om 9.05 vm, gevolg deur die
Wallabies teen Los Pumas op dieselfde kanaal om 11.45 vm.
➤ Die eindstryd in die Onder-20 Wêreldbeker tussen Frankryk en Ierland is ’n weerspieëling van waar die sport se krag lê. Dis geen toeval dat hulle seniorspanne as vroeë Wêreldbeker-gunstelinge gereken word nie.
Suid-Afrika, wat om die beurt skitterend en treurig was, pak Engeland in die uitspeelwedstryd om die derde plek.
Albei wedstryde is regstreeks op SuperSport kanaal 211. Die junior Bokkies se afskoptyd is 4.30 nm, en die eindstryd begin 7 nm.
➤ Wimbledon, die derde Grand Slam van die jaar, stuur af op ’n opwindende einde. Die eindstryd vir vroue slaan Saterdag om 2 nm af, en die mans s’n volg Sondag dieselfde tyd.
Vrydag se halfeindstryde vir mans – Carlos Alcaraz teen Daniil Medvedev en Novak Djokovic teen on Jannik Sinner – kan albei verrassings oplewer.
Djokovic mik na sy vyfde agtereenvolgende Wimbledon titel, wat sy Grand Slam totaal na 24 sal opskuif.
Al die aksie is regstreeks op DStv kanaal 214.
In die foto hierbo: Die Springbokke pak die All Blacks