Burna Boy eerste uit Afrika wat VSA-stadion volpak

Burna Boy het Saterdag die eerste Afrika-ster geword wat ’n stadion in Amerika uitverkoop.

Die“Last Last” -sanger het in Citi Field in New York opgetree, en 41 000 volgelinge gelok.

Die vertoning maak deel uit van sy wêreldtoer. Daartydens het Burna Boy sy suster verhoog toe geroep. Hy het ook ’n voorsmakie van sy nuwe enkelsnit met die skare gedeel.

Burna Boy het al voorheen stadions in Frankryk en Nederland volgepak, met gehore van tussen 40 000 en 60 000.

Die Afrobeat-sanger het ook talle benoemings vir die 2023 Headies-toekennings ontvang.

Dit sluit in: Liedjie van die jaar: Last Last; Opname van die Jaar – Alone; Album van die jaar – Love, Damini – en vir beste manlike sanger; Afrobeat liedjie van die jaar – Last Last, Beste RnB liedjie – For my Hand (met Ed Sheeran), Afrika-kunstenaar van die jaar en digitale kunstenaar van die jaar.