Die Netbal Wêreldbeker (NWB) het ‘n groot terugslag gely omdat die Discovery Group vir Vitality as hoofborg van die toernooi onttrek het.
Die laaste-minuut besluit het groot finansiële implikasies vir die NWB, wat van 28 Julie tot 6 Augustus in Kaapstad plaasvind.
Discovery het bevestig dat ‘n wedersyds-aanvaarbare vennootskap nie bereik kon word nie. Daar sal nou na die byeenkoms verwys word as die Netbal Wêreldbeker 2023 in plaas van die Vitality Netbal Wêreldbeker 2023.
Die onttrekking van Vitality as hoofborg veries nou die vervanging van advertensieborde, promosiemateriaal, die logo en selfs die wedstrydbal.
Terwyl die geldwaarde van die borgskap nie bekend gemaak is nie, word gesê dat die onttrekking om kommersiële redes was en nie verband hou met beweerde wanbestuur deur Netbal Suid-Afrika nie. Discovery het sy verbintenis uitgespreek om netbal te ondersteun deur sy vennootskap met die Suid-Afrikaanse nasionale netbalspan
Die NWB het ‘n nuwe logo vrygestel wat enige verwysing na Vitality weglaat, en die voortgesette borgskappe van Spar en Telkom uitlig.
Telkom en Spar is aangekondig as premium-vennote van die NWB, terwyl ander groot borge na verwagting ook aan boord sal kom.
Ondanks die terugslag bly die NWB optimisties en sien uit na ‘n suksesvolle toernooi met die ondersteuning van bestaande borge en uitsaaiers.
Saamgestel deur personeelskrywer
Op die foto hierbo: Die Netbal Wêreldbeker-trofeetoer