Suide se groot kanonne lê aan

LAATVAT MET LUCKY: Die twee toetse van die afgelope naweek het een ding bewys: nie Australië of Argentinië kan as aanspraakmakers op die Beker gereken word nie, skryf Lucky Maree. 

Voor laas Saterdag se wedstryde sou net Argentinië en Australië se getrouste ondersteuners hulle enige wenkans gegun het.

Maar daar was vraagtekens. Was die Springbok-kamp té selfvoldaan toe hulle 12 spelers Nieu-Seeland toe gestuur het, meer as ’n week voor die wedstryd teen die All Blacks?

En sou dit wys wees van laasgenoemde om die Argentyne te onderskat, nadat die nuwe afrigter, Michael Cheika, hulle ’n oemf-inpuiting gegee het? Nieu-Seeland se afrigter, Ian Foster, lyk nie of hy sy span kan aanvuur nie.

Vlugflouheid is ’n uitdaging vir spanne in die suidelike halfrond sedert die instelling van die provinsiale Super 10 reeks in 1993. Spanne is nie op hulle allerbeste ná 24 uur in die lug nie. 

Deur die span in twee groepe op te deel, verminder die Bokke die uitwerking daarvan.

Eddie Jones se Wallabies, daarenteen, is stellig die allerbestes wat hy kan kies, en hulle het vier drieë en twee strafdrieë afgestaan, laasgenoemde eenvoudig omdat hulle gô uit was.

Hulle het met 31 punte verloor.

Cheika het geweet hulle beste wenkans teen die All Blacks is voor hulle tuisskare, en die span was die beste tot sy beskikking. Hulle het 41-12 verloor, en met sewe drieë teen twee.

Dié naweek weet die Bokke en die All Blacks presies wat om te verwag. Geen plek of tyd vir taktiese blufspeletjies nie. Dis die ware Jacob.

In die foto hierbo: Die Springbokke pak die All Blacks