Nuwe Nongoma-burgemeester vier sy pos met bloulig pretrit

Deur Celani Sikhakhane

Die nuutaangestelde burgemeester van Nongoma, 300km noord van Durban, het Vrydag opskudding gemaak toe hy die hele nag saam met sy gesin in staatsvoertuie rondgejaar het, hul blou ligte aan’t flikker regoor die buurt.

Mshangane Ndabandaba van die Nasionale Vryheidsparty het sy verkiesing as die nuwe burgemeester van die plaaslike munisipaliteit gevier nadat hy teen die IVP-veteraanpolitikus Albert Mngcwango gedraai en hom van sy burgemeesterspos beroof het.

Ndabandaba se familie het geskree en gejubel terwyl hulle in die munisipaliteit se Toyota Prado en Toyota Legend 50-bakkie partytjie gehou het.

Een van die inwoners het gesê hulle het nie tot Saterdagoggend vroeg kon slaap nie weens die feesvieringe en singery.

“Ek het eers gedink hy het die voertuie gekoop, maar het later besef dis munisipale voertuie omdat hulle deur lyfwagte bestuur is. Hulle het bly blou ligte flikker en hul toeters blaas,” het hy gesê.

‘n Ander buurman het aan Scrolla.Africa gesê: “Ek gaan nie vir jou jok nie. Dit was groot pret.”

Die neiging van KwaZulu-Natalse politici en hul gesinne om hul toegang tot staatsbates te vier, het in 2017 kop uitgesteek. Toe het die voormalige IVP Nquthu-burgemeester Mabilabila Kunene die burgemeestersketting na sy familiekraal geneem en aan die voorvaders gerapporteer dat hy burgemeester geword het, en vir hulle die ketting gewys.

Hy het selfs ‘n koei geslag om te verseker dat die voorvaders saam met hom, sy familielede en die gemeenskap fees vier.

In 2021 het die destydse UMhlathuze-burgemeester, Dr Nkosiyakhe Donda van die IVP, ook sosiale media laat gons toe hy sy munisipale BMW-konvooi, vergesel van Stad van uMhlathuze-polisiemotors wat blou ligte flikker, reguit na die plaaslike kliniek geneem het. Dit was ‘n verrassingsbesoek aan sy vrou wat as verpleegster by die kliniek gewerk het en hy het soontoe gery om vir haar te vertel dat hy as burgemeester verkies is. Hulle het saam met sy vrou se kollegas pratytjie gehou.

Ndabandaba se viering kom ná onrus wat Vrydagoggend losgebars het tydens die raadsitting, waar hy as nuwe Nongoma-burgemeester bevestig is, saam met die nuwe ANC-speaker Babongile Sithole en EFF-onderburgemeester Themba Nkosi.

Die vergadering het begin met ‘n stryd tussen die polisie en ‘n paar raadslede wat hul op pad was na die raadsaal, maar geblok is.

Op die fotohier hierbo: Nuwe Nongoma-burgemeester, Mshangane Ndabandaba

Bron: Verskaf