Só lyk Bayana se Wêredbekergroep

Deur Razeen Gutta

Suid-Afrika se vroue-sokkerspan sal ’n hele paar hoë hekkies moet oorsteek as hulle later vandeesmaand verby die groepfase in Fifa se Vroue-Wêredbekertoernooi in Australië en Nieu-Seeland wil vorder.

Hulle is saam met Argentinië, Italië en Sweden in Groep G. Desiree Ellis se span is 54ste op die wêreldranglys, ver onder hulle teenstanders.

Swede, onder Peter Gerhardsson, is derde en het in 2019 die halfeindronde gehaal. Hulle was ook onder die laaste vier by Euro 2022.

Italië speel in hulle tweede agtereenvolgende Wêreldbekertoernooi – ’n nuutjie vir hulle. Hulle is 16de op die wêreldranglys.

En dan is daar Argentinië. Die hele land is nog in die wolke nadat Lionel Messi hulle mansspan ses maande gelede in Katar tot ’n oorwinning gelei het. Maar die Argentynse vrou het nog nooit die uitspeelrondes gehaal nie.

Suid-Afrika se veldtog begin op 23 Julie teen Swede, gevolg deur Argentinië op die 28 Julie  en Italië op 2 Augustus. 

Thembi Kgatlana is die Banyana-speler om dop te hou, en die enigste een wat nog ’n doel vir Suid-Afrika in dié toernooi kon skop – teen Spanje in Le Havre in 2019.

Sy was een van die sterre toe Banyana verlede jaar die Vroue-Nasiebeker gewen het en as Afrika-kampioene gekroon is.

Die Fifa Wêreldbeker vir Vroue word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

In die foto hierbo: Thembi Kgatlana

Fotobron: @banyana_banyana