Motorsport, tennis en krieket steel die kalklig

Deur Dylan Bettencourt

SPORTKEUR: Die nuwe maar onverbeterde formaat van die snelren-naweek is terug vir die Oostenrykse Grand Prix. 

Dit is uit-en-uit F1-naweek op die Red Bull-renbaan in Oostenryk, met oefenrondes, kwalifiserende rondes, ’n snelren en ’n Grand Prix op die spyskaart.

Die aksie begin Vrydag met die eerste en enigste oefenlopie, van 1.30nm tot 2.30nm. 

Tussen 5nm en 6nm pak die jaers en vervaardigers mekaar in die kwalifiserende rondes vir Sondag se Grand Prix.

Saterdag se fokus is op die snelren-aksie. ’n Verkorte kwalifiserende sessie, met ’n tydbeperking van 45 minute, sal bepaal hoe die jaers om 4.30nm in die snelren wegspring.

Elke oomblik is regstreeks op DStv kanaal 215. 

➤ Aan die krieketfront wil dit vroeg al begin lyk asof Bazball uiteindelik aan Engeland ’n effense tuisvoordeel kan gee. Die Aussies sy boulaanval gaan dalk sukkel sonder ’n erkende draaibalbouler as Nathan Lyon se kuitbesering keer dat hy weer boul.

Die aksie begin elke dag om 12nm regstreeks op DStv kanaal 212.

➤ As jy tennis verkies, kan jy ’n voorskou kry van Wimbledon, met die laaste kwalifiserende wedstryde voordat die toernooi Maandag volwaardig afslaan.

Natuurlik is daar aarbeie en room wat ’n ekstra tikkie smaak aan die jaar se gransrykste Grand Slam verleen.

Buiteperde verras elke nou en dan. Hou maar ’n ogie oop vir enigeen met ’n kanonafslaan en talent vir vlughoue en valhoutjies.

Die tennisaksie is regstreeks op DStv kanaal 214. 

In die foto hierbo: Die Oostenrykse Grand Prix 

Fotobron: F1