Boewe vergruis musikant se glimlag

Onbekende aanvallers het ’n opkomende Kaapstadse hip-hop kunstenaar, “Jiji” Martin, met bakstene bestook en van sy tande uitgegooi.

Hy was om ongeveer 9nm op pad huis toe van sy ateljee af toe hy aangeval is.

“Dit was ’n besige dag in die township. Hulle het my genader, en gesê ek dink ek is beter as ander.”

Hulle het hom kort daarna met bakstene begin gooi.

“Hulle het aangehou sê hulle gaan my ’n les leer omdat ek dink ek is ’n superster. Ek het op die grond beland. Dit is al wat ek onthou,” sê Martin.

Terwyl hy weerloos op die grond lê, het hulle die aanval voortgesit.

“Ek vermoed hulle wil my selfvertroue en my voorkoms skaad, omdat hulle weet ek reik binnekort ’n album uit.”

Nou moet Martin befondsing vind vir duur tandheelkundige behandeling.

“Dit het my lewe verwoes. Ek kruip weg. Ek het ’n pragtige glimlag gehad. Nou bars ek in trane uit wanneer ek myself in die spieël sien. Ek kan nie so optree nie.”

Martin het nie die saak by die polisie aangegee nie, want hy het nie sy aanvaller herken nie.

“Waar sou hulle met hulle soektog begin?” wil hy weet.

Dumisani Qwabe, sekretaris van die Nyanga Community Policing Forum, het sy kommer uitgespreek oor slagoffers wat nie misdaad aanmeld nie.

In die foto hierbo: Die Kaapstadse musikant Luvo “Jiji” Martin 

Fotobron: Verskaf