Suid-Afrika se MotoGP-sensasie Brand Binder, op ’n Red Bull KTM, het briljant gejaag in die Hollandse Grand Prix op Assen, maar daar verspeel hy op die laaste ronde sy derde plek op die podium deur die toegelate baanoppervlak te oorskry.
Hy is derde oor die wenstreep, maar is na vierdie afgeskuif. Ergste van alles: hy het Saterdag dieselfde fout in die snelren gemaak.
Die vorige week was hy in die derde in die Duitse GP plek toe hy geval het en moes onttrek.
Dit alles beteken sy kanse om vanjaar die titel te wen, is besig om vinnig te verdamp.
Hy staan op ’n verdienstelike 114 punte, maar in dié geselskap is verdiendstelik helaas nie goed genoeg nie – hy is ’n volle 80 punte agter die voorloper, Francesco Banaia, wat Sondag se wedren meesterlik oorheers het.
Die ander twee podiumplekke het aan Marco Bezzecchi en Aleix Espargaro behoort.
Jorge Martin lê tweede op die puntelys op 159, gevolg deur Bezzecchi, een punt agter.
MotoGP vat die volgende ses weke ’n blaaskans. Die spanne kan verstelling aan die fietse maak, en die jaers kan ordentlik van hulle talle beserings herstel.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Brad Binder voor sy duur glipsie
Fotobron: Twitter