Oekraïners in nood waag hul hand aan pornografie

Baie Oekraïners eksperimenteer deesdae met die vervaardiging van volwasse kykmateriaal vir OnlyFans. Sodoende loop hulle die risiko om agter tralies te beland want dis onwettig om dié tipe kykvermaak in die Oos-Europese land te skep en te verkoop.

OnlyFans, ‘n webwerf waarby slegs volwassenes mag inteken, het ‘n uitkoms geword vir mense wat sukkel om die ekonomiese krisis te oorleef.

Vat nou maar die 18-jarige Darina Lebedeva, wat haar werk by ‘n winkel verloor het; sy voorsien deesdae eksplisiete inhoud aan OnlyFans om ‘n inkomste te verdien.

Lebedeva, wat aanvanklik huiwerig was, het besluit om dit te probeer na sy besef het presies hoe benard haar omstandighede geword het.

Ten spyte van die onwettige status van die skepping van pornografie in die Oekraïne, het sy vermoed dat praktiese toepassing ontbreek. Sy het nog niemand in die tronk sien beland vir die vervaardiging van pornografie nie.

Belangstelling in Oekraïense pornografie het internasionaal toegeneem, met lande soos Spanje en Pole wat beduidend meer belangstelling in aanlyn soektogte na “Oekraïnse pornografie” ervaar.

Hierdie verhoogde aanvraag het inhoudskeppers in die Oekraïne aangespoor om in die mark te voorsien.

Vir Lebedeva het dit vrugte afgewerp om met ‘n bestuursmaatskappy te werk en haar intekenaarbasis te ontwikkel.

Sy verdien nou sowat $4,500 (R82,000) per maand – ‘n aansienlike bedrag as die land se lae gemiddelde inkomste in ag geneem word.

Terwyl die vervaardiging van pornografie onwettig bly, kan die ekonomiese voordele wat dit inhou, insluitend belastinginkomste, daartoe bydra dat sommige Oekraïense amptenare ander pad kyk.

Nie net jong Oekraïnse vroue nie, maar ook skeppers van queer inhoud, gebruik OnlyFans om ‘n inkomste te verdien.

Die onvoorspelbare aard van die lewe in oorloggeteisterde Oekraïne te het daartoe gelei dat baie individue geleenthede vir finansiële stabiliteit aangryp, selfs al beteken dit dat die wet oortree word.

Vir baie mense  beteken dit dat hulle hulself en hul gesinne kan onderhou.

Saamgestel deur personeelskrywer 

Op die foto hierbo: OnlyFans