Japannese stoeier ’n superster in Senegal 

Shogo Uozumi, ’n 29-jarige-Japannese stoeier, het sy lewe omgedop deur van Tokio Senegal toe te trek om die oeroue vegsport genaamd Laamb te bemeester. 

Uozumi, wat vroeër in Japan op nasionale vlak in Grieks-Romeinse stoei deelgeneem het, wou die Senegalese kultuur omhels en op sy beurt die Olimpiese styl-stoei aan plaaslike vegters oordra.

Laamb is diep gewortel in voorgeslagte se oorlogrituele en het Senegal se nasionale sport geword. Dit is ’n kombinasie van vegkuns en akrobatiek. Die mikpunt is om ’n teenstander uit die lug grond toe te bring.

Uozumi is na die sport toe aangetrek tydens ’n besoek aan Senegal in 2017, en het kulturele ooreenkomste bespeur tussen Senegalese gasvryheid en die Japannese gebruik bekend as Omotenashi.

Sedert hy in 2022 Senegal toe getrek het, woon hy in ’n stoeigemeenskap in Thies, die derde grootste stad in Senegal. 

Hy het ook ’n akademie met 36 studente gevestig wat hy vir die 2026 jeugolimpiade oplei.

Uozumi se opofferings en toewyding dwing respek af in die Senegalese stoeigemeenskap. Op sy beurt waardeer Uozumi die Senegalese mense se sterk gemeenskapsin en steun, en voel ’n diepe verbintenis met hulle kultuur.

Saamgestel deur eie beriggewer 

In die foto hierbo: Shogo Uozumi 

Fotobron: Twitter