Deur Everson Luhanga
Amptenare van die Alexandra Taxivereniging (ATA) stuur ’n duidelike boodskap aan hulle mededingers: Netjies aantrek is deel van ’n wenstrategie.
Die vereniging het Dinsdag elf van hulle bestuurders beloon wat met pakke klere agter die wiel inskuif.
Jabulane Ntshangase, ’n woordvoerder van die vereniging, het aan told Scrolla.Africa gesê net soos ander sektore van die ekonomie word ’n maatskappy aan die voorkoms en optrede van hulle werknemers gemeet.
Hy het gesê pendelaars sal veiliger voel saam met bestuurders wat goed lyk en reg optree, aangesien sommige ander bestuurders klante verdryf met hulle swak gedrag.
“Ons sal ook seker maak ons taxi’s is skoon en padwaardig.”
Die elf gekose besturders het Dinsdag by die vereniging se kantore in Marboro in pakke en blinkgepoetste leerskoene opgedaag.
Ntshangase het met die bestuurders geskerts. “Mense gaan dink julle is prokureurs of boekhouers!”
Die ATA se voorsitter, Vusi Mayaba, het gesê dit is in die vereniging se belang om die beste diens moontlik aan hulle klante te lewer. “Ons dien elke dag miljoene mense en moet dit so goed doen as wat ons kan.”
Mayaba het gekap na wat hy as ’n “koloniale sienswyse” afmaak, dat taxi-bestuurders “primitief” is en hulle swak gedra.
“Almal is nie dieselfde nie. Almal is nie ongeskik nie. Ons doen ons sake op ’n moderne manier.”
Nkosinathi Zulu, ’n bestuurder op die roete tussen Alexandra and Sandton, het gesê hy was teen die idee van ’n pak klere gekant, maar sal nou nie weer met minder tevrede wees nie.
Hy sê selfs die polisie behandel hom nou met meer respek.