Deur Dylan Bettencourt
Jeugdag: Suid-Afrika het het ’n sportgeskiedenis wat ryk is aan jong mense wat skitterend internasionaal presteer het.
Hieronder is ’n lys van 10 opkomende sterre. Onthou hierdie name!
Viwe Jingqi
Die 17-jarige naelloper breek rekords en dit is net ’n kwessie van tyd voordat sy ’n superster op die wêreldverhoog gaan wees.
Kurt-Lee Arendse
Tot onlangs toe was alle oë op die briljante Springbok-regtervleuel Cheslin Kolbe, een van die opwidendste spelers in wêreldrugby. Arendse sluit by hom aan en gaan vir seker in September ’n impak op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk hê.
Arno Van Zyl
Dié talentvolle stoeier het medaljes by die Afrika-Kampioenskappe gewen, en sy volgende mikpunt is die Statebondspele.
Nkosingiphile Ngcobo
’n Uiters talentvolle jong sokkerster wat self tussen Kaizer Chiefs se groot geeste uitblink.
Lara van Niekerk
Van Niekerk is ’n swemmer in die glipstroom van Tatjana Schoenmaker en Penny Heyns. Wêreldroem wag.
Marione Fourie
Fourie se loopbaan in die 100m hekkies het skaars begin en daar word klaar van haar gepraat as ’n toekomstige internasionale medaljewenner.
Dewald Brevis
Brevis het die een kolfrekord na die ander by verlede jaar se Onder-19 Wêreldbeker geslaan en is dadelik deur die Mumbai Indians in die Indian Premier League opgeraap.
Thabang Mahlasi
Mahlasi het nog baie om te leer, maar het klaar ’n professionele kontrak met die Cheetahs geteken. Daar wag duidelik ’n blink toekoms op hom.
Daniel Bennett
In ’n sterk groep opkomende jong gholfspelers is Bennett die een waaroor kenners gaande is. Hy gaan binnekort sy slag oorsee wys.
Isabella Kruger
Die belowendste jong vroue-tennisspeler in die land. Sy speel met elke wedstryd beter.
In die foto hierbo: Viwe Jingqi
Fotobron: Twitter