Jeugdag: Die Mej Aarde Suid-Afrika-leierskapprogram het kragte saamgesnoer met ’n groep geesdriftige studente en ’n deel van Seepunt se strand van kant tot wal skoongemaak.
Dit wil lyk asof die wêreld uiteindelik besef het Suid-Afrika se strande is nie ’n vullishoop nie. Rolprentmakers en straatkunstenaars was die middelpunt van bespreking – totdat strandskoonmaaktoere die kalklig opgeëis het.
In die voetspore van Wêreld-Oseanedag en “Changing the Tides” het die Mej Aarde Suid-Afrika-leierskapprogram en die Southern Sun-hotelgroep met die land se toekomstige leiers saamgespan om die taak te verrig.
Die jongmense wat deelgeneem het aan die program om die strand rommelvry te maak, was studente van die Kaap-Peninsula Universitet van Tegnologie; Visions of Change; Ardagh Glass Packaging en Skin Renewal.
Strandskoonmaakprogramme is altyd redes om fees te vier, en verteenwoordig ’n klein maar betekenisvolle oorwinning vir die mensdom en die planeet.
Dit is vertommend hoe sulke eenvoudige gebare mense byeenbring en ’n hegter band met ons omgewing laat smee.
Die skoonheidskompetisie wat aan Die Mej Aarde Suid-Afrika gekoppel word kan die indruk skep dat die program eintlik gaan oor glans en swier.
Dit is beslis nie die geval nie. Good Things Guy berig dit dien as ’n geleentheid waar jongmense verenig word as bemagtigde, bewuste landsburgers en leiers wat ’n verskil maak.
Ella Bella Constantinides-Leite, die Onderwysbeampte van die Die Mej Aarde Suid-Afrika-leierskap-program het gesê: “Ons toon ons toewyding aan die planeet en die oseaan en ons vasbeslotenheid om ’n sterker gemeenskap te bou.”
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Die Seepunt-opruimprojek