Groot moela wag op Messi in Miami

Deur Dylan Bettencourt

Die Argentyn Lionel Messi, een van die beste sokkerspelers wat die wêreld nog opgelewer het, het aangekondig dat hy sy loopbaan in die VSA gaan voortsit.

Die 35-jarige Messi gaan hom aansluit by Inter Miami, ’n Major League Soccer (MLS) -span wat gedeeltelik deur David Beckham besit word. Hy het ’n groot aanbod uit Saoedi-Arabië van die hand gewys. 

Messi se suksesverhaal sluit talle kampioenskapseges in, en is verlede jaar met die Wêreldbeker bekroon.

Sy kontrak met Paris St-Germain staan einde se kant toe, wat van hom ’n gesogte vrye agent gemaak het.

Messi se aankoms gaan baie aandag op die MSL vestig, veral in die lig van die feit dat die 2026 Wêreldbeker in die VSA, Mexiko en Kanada gespeel word.

Hy het erken dat hy sou verkies het om na Barcelona terug te keer, waar hy van se grootste seges behaal het, maar die klub ervaar ’n geldkrisis.

Boonop wil hy ’n treetjie terug uit die kalklig neem en op sy gesin fokus, het hy gesê.

Benewens die inkomste mat Messi uit sy kontrak gaan verdien, wag daar ook lonende borgskappe op hom van onder meer Apple en Adidas, en moontlik selfs ’n aandeel in die klub.

In die foto hierbo: Lionel Messi