Beyoncé vermis in Malawi

Beyoncé het in Malawi verdwyn. 

Deur Everson Luhanga

Dié klein bruin Maltese kruis is ’n week lank soek in Maliwi se hoofstad, Lilongwe, en haar eienaars bied om en by R2 000 aan vir haar veilige terugkeer.

’n Advertensie het gepleit dat mense in die gemeenskap help soek na die brakkie, “wat laas gesien is in Lilongwe, Gebied 47, Sektor 1, naby ABC kliniek”.

“Help ons asseblief om ons pelsmaatjie huis toe te bring,” lees die biljet.

Die afgelope tyd het al hoe meer honde in Malawi vermis geraak.

In die foto hierbo: Beyonce