Deur Doreen Mokgolo
Na jare buite die kalklig is die Afro-soul musikant Siphokazi Maraqana gereed om haar regmatige plek in die vermaaklikheidswêreld in te neem.
Sy het haar aan die publiek onttrek nadat sy haar tweede album in 2009 vrygestel en bande met haar platemaatskappy, EMI, verbreek het om ’n loopbaan as onafhanklike musikant na te streef.
In ’n eksklusiewe onderhoud met Scrolla.Africa het die Amacala sanger gesê alles het skeefgeloop, net toe dit begin lyk het asof sy ’n deurbraak gaan maak.
Sy sê dit het gevoel asof sy versmoor word terwyl sy haar eerste twee albums deur EMI vrygestel het.
“Dit was ’n moeilike tyd vir my. Aangesien en verkies om my probleme vir myself te hou, het ek besluit om my af te sonder van die aandag. Ek het baie gehuil en gebid.”
Sy het haar derde album in 2018 onafhanklik vrygestel, maar dit het nie so goed gevaar soos die eerste twee nie.
Tog is sy nie spyt sy het daardie paadjiie vir haarself gekies nie, want nou is sy beter, wyser en sterker.
“As dit nie vir die pyn en swaarkry was nie, sou ek nie die mens gewees het wat ek nou is nie,” het sy gesê.
Sy berei haar voor vir haar optrede genaamd The Timeless Music Encounter, in Augustus by Carnival City.
Sy werk ook aan nuwe opnames, maar het nog nie besluit in watter formaat sy hulle gaan vrystel nie.
In die foto hierbo: Siphokazi Maraqana
Fotobron: Verskaf