Linani van Gqeberha ’n mode-sensasie in Beijing

Deur Doreen Mokgolo

Linani Potwana van Gqeberha in die Oos-Kaap is oornag beroemd en verteenwoordig Suid-Afrika met trots in China se modebedryf.

Sy het die loopplank al vir die grootste name in die modewêreld bestyg.

Linani in gekies om Dior se skeppings by ’n internasionale modeskou in Beijing te vertoon. Dit is die tweede groot modeskou waaraan sy deelgeneem het.

Haar verstommende suksesverhaal het begin toe haar ma, Ziyanda, ’n pos as Engels-onderwyser in China aanvaar het, wat haar drie jaar gekos het om te bevestig.

Haar ma het uit China aan Scrolla.Africa gesê sy het Linani voor hulle vertrek vir dans- en sanglesse ingeskryf. “Dit het haar selfvertroue gegee,” sê Ziyanda.

Kort na hulle aankoms her Ziyanda haar klein superster professionele modeklasse laat loop. Haar leermeesters het haar talent dadelik bespeur, en sy het dieselfde week nog aan ’n modeskou deelgeneem.

Ziyanda sê sy wou eintlik net gehad het Linani moet dit vir die pret doen.

“Sy is nog ’n kind, en wanneer ons vertonings bygewoon het, het ek altyd op die vreugde en pret-aspek gefokus. Vir haar bly dit ’n speletjie. Soms maak die voorbereiding haar moeg, en ek moet seker maak sy kry genoeg rus voor ’n vertoning,” het sy gesê.

In die foto hierbo: Linani Potwana

Fotobron: Verskaf