Deur Prince Azeel
Drama, intrige, pret, spanning en emosies wag op aanhangers van Young, Famous and African se tweede seisoen.
Die program, wat suksesvolle Afrikane van alle vlakke van die samelewing bymekaar bring, word vanaf 19 Mei op Netflix uitgesaai.
Aldus Netflix: “Hierdie werklikheidsreeks volg ‘n span bekende, welgestelde sterre terwyl hulle werk en speel, vry en baklei in Johannesburg, Suid-Afrika.”
Hierdie seisoen sien kykers weer die Nigeriese superster-sanger 2baba, sy vrou Annie en die bekende stilis Swanky Jerry. By hulle sluit aan Bonang Matheba, Diamond Platnumz, Khanyi Mbau, Nadia Nakai, Andile Ncube, Naked DJ, Zari Hassan, Kayleigh Schwark, Fantana en Luis Munana.
Die program, wat hom roem as “Afrika se warmste werklikheidsreeks”, verwelkom spelers van Nigerië, Suid-Afrika, Zimbabwe, Uganda en Tanzanië.
Netflix het ‘n aksiebelaaide lokprent vrygestel om kykers se monde solank te laat water. Dit lyk reeds of hierdie seisoen aan alle verwagtinge sal voldoen.
“Ek is hoogs professioneel. Ek het my werk vantevore eerste gestel omdat ek geld eerste gestel het,” sê mediapersoonlikheid Bonang Matheba in die lokprent.
Kykers moet ook “verraad” tussen Swanky en Annie verwag, as tonele uit die lokprent geglo kan word. “Ek en Annie is nie cool nie,” het Swanky gesê, waarop Annie geantwoord het: “Swanky het my verneuk.”
“Ek sal goed so erg opf*#k, jy weet hoe magtig ek is,” het Swanky bygevoeg.
“Dis ‘n groot f*#king-leuen,” het Annie geantwoord.
“My dokter het my aangeraai om nie nog één teef te vertrou nie,” het Swanky in ‘n ander toneel kwytgeraak.
Op die foto hierbo: Swanky Jerry
Fotobron: Netflix