Braaivleis, rugby, sonneskyn en sandputspeletjies

Deur Lucky Maree

Sportkeur: Die Stormers kom op presies die regte oomblik op dreef en die Blitsbokke tel spoed op. Dalk wag ’n smullekker naweek op Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges.

➤ Ondanks ernstige oordeelsfoute deur Westelike Provinsie rugby wat Kaapstad-Stadion in ’n sandput omskep het, wag ’n groot naweek op die Stormers en die verwagter skare van 40 000+ toeskouers.

Drie Ierse spanne het die halfeind van die Verenigde Rugby-kampioenskap gehaal, maar die vierdie span, die Stormers, is op hulle beste en kan die toernooi wen.

Willemse, Davids, Nel, Du Plessis, Zas, Libbok, Jantjies, noem hulle op! Hulle moet hulle towerkunsies uitstal. Kitshoff, Dweba, Malherbe, Orie, Roos en ander moet net sorg dat hulle die bal kry. Saterdag vieruur op DStv kanaal 201.

➤ Vir ’n slag kan die Blitsbokke se afrigter, Sandile Ngcobo, ware spelskeppers inspan om die halfeindronde (of beter) in die HSBC sewestoernooi Toulouse – dalk die belangrikste toernooi op die vooraand van die Olimpiese Spele – te haal.

Die name Justin Geduld, Dewald Human, Ronald Brown, Shilton van Wyk en James Murphy – almal gerekende spelskeppers – sal ’n slag weer op die spanlys wees om vars woema te verleen.

Moenie ’n fout maak nie, die Blitsies, sewende gekeur, gaan klippe kou. Hulle speel Vrydag teen Frankryk (2.30 nm) en Fiji (9.03 nm), en Saterdag teen die VSA (1.40 nm). 

Moeilik, ja, maar nie onmoontlik nie. DStv, kanaal 211.

➤ Al agt Curriebekerspanne is die naweek in aksie, maar die wedstryd om dop te hou is die Pumas teen die Haaie, Vrydag om 5.05 nm in Nelspruit. Regstreeks op SuperSport.

In die foto hierbo: Die Stormers in laas naweek se wedstyd teen die Bulls

Fotobron: Stormers Twitter