Deur Zukile Majova
Die SA sokkerbeheerliggaam het sy eerste vroulike uitvoerende hoof aangestel ná die bedanking van advokaat Tebogo Motlanthe verlede Vrydag.
Safa president Danny Jordaan het Maandag tydens ‘n mediakonferensie Lydia Monyepao se aanstelling aangekondig.
“Dit is die eerste vrou wat as uitvoerende hoof en baas van SA sokker aangestel is.
“En gister by die komitee se noodvergadering was die besluit beslis eenparig. Almal het ingestem tot die aanstelling van Lydia Monyepao as hoof uitvoerende beampte van SA sokker.”
Monyepao sal na verwagting die regering Dinsdag inlig oor Safa se bod vir die 2027 Fifa Vroue Wêreldbeker.
Sy het gesê sy is gereed om die pos op volle spoed aan te pak en is vertroud met die bodproses.
“Ek het baie nou saam met advokaat Motlanthe gewerk aan veeltallige en belangrike kwessies rondom SA sokker, so ek het weet dus wat aan die gang was en wat voortgesit moet word.
“Ek was nou betrokke by die 2027-bod, by vrouesokker en ander verwante bedrywighede, so dis groot skoene wat ek moet volstaan, maar ek vermoed ek’s in vir ‘n blitsige wegspring en ek weet ek is daartoe in staat.
“So ek sal die taak opvat en dit vorentoe dryf.”
Die voormalige Banyana Banyana-speler, wat tot onlangs die bedryfshoof was, sal na verwagting eers sake probeer regmaak tussen Safa en die Premier Sokkerliga, wat onlangs geweier het om ‘n sokker-indaba by te woon wat deur Safa aangebied is.
Monyepao se jarelange ondervinding en professionele opleiding maak verder van haar ‘n ideale kandidaat vir die pos.
Sy spog met ‘n BCom-graad van die Universiteit van die Witwatersrand, ‘n BCom Honneurs in Rekeningkunde van die Universiteit van KwaZulu-Natal, en ‘n Meestersgraad in Sportbestuur van Loughborough in Engeland.
Sy het ook die 2019 FIFA Vroue in Sokker Leierskapprogram in Zürich bygewoon.
Op die foto hierbo: Lydia Monyepao
Fotobron: Verskaf