Só boots mens jou eie dood na

Deur Everson Luhanga

Deel Een: Sibusiso Mahlangu het op Nuwejaarsdag 2022 in ’n huisbrand “omgekom”. Hy het in ’n vermomming by sy eie begrafnis opgedaag en saam met die roubeklaers geëet.

Sibusiso Mahlangu het op Nuwejaarsdag 2022 in ’n huisbrand “omgekom”. Hy het in ’n vermomming by sy eie begradnis opgedaag en saam met die roubeklaers geëet.

Hy en sy vrou, Lerato Mahlangu, wat by ’n maatskappy werk wat begrafnispolisse behartig, is nou die hoofverdagtes van moord op die man wat in die doodskis opgeduik het: Sibusiso Sithebe. 

Die paartjie het Donderdag by die landdroshof in Soshanguve verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling. Hulle word daarvan verdink dat hulle ’n versekeringsuitbetaling van miljoene rande beknoei het.

Mahlangu se begrafnis het agt dae na sy “dood” plaasgevind, op 9 Januarie. Baie van sy vriende en familielede het by die begrafnis opgedaag, en kon nooit vermoed het dit was die vermoorde Sithebe wat ingespit word nie.

En nog minder dat Mahlangu springlewendig tussen hulle rondgestap het nie. Soos Scrolla.Africa dit verstaan, was hy geklee in ’n hoed, sonbril en vals baard. Niemand het die geheimsinnige vremdeling se teenwoordigheid bevraagteken nie.

Intussen het Sibusiso Sithebe se familie hom as vermis by die polisie aangegee.

Nou wil dit lyk asof die gereg die lewendige Sibysiso meer as ’n jaar later ingehaal het. Hy is op 16 April in hegtenis geneem nadat hy betrap is in ’n VW Polo wat in Witbank, Mpumalanga aangemeld is.

Hulle het die vermiste Sibusiso se identiteitsdokument by hom gevind.

Toe die polisie sy vingerafdrukke neem, het hulle gevind hulle het aan ’n “dooie” man behoort, en ’n saak oopgemaak.

Hy is van moord en regsverydeling aangekla.

Sedert hulle inhegtenisname het ’n kinkel in die storie opgeduik: Lerato Mahlangu en die gestorwene, Sibusiso Sithebe, was vroeër minnaars en het ’n kind saam.

Lerato het Sibusiso Sithebe vir Sibusiso Mahlangu verlaat. Hulle het getrou en Sithebe het aanbeweeg en op ’n ander vrou verlief geraak. Haar naam was ook Lerato.

Sithebe en Lerato Mphefo het twee kinders, en was nog saam ten tyde van sy dood.

Maar nie Lerato Mphefo of die oorledene se kinders het gebaat by ’n lewenspolis nie, aangesien hy as Mahlangu begrawe is. Lerato Mahlangu het glo miljoene rande uit haar man se lewenspolis ontvang.

Sibusiso Mahlangu and Lerato Mahlangu het munt uit Sithebe se dood geslaan, maar hoe het hulle so lank daarmee weggekom? Lees Deel 2 hieronder.

In die foto hierbo: Die beknoeide begrafnis van Sibusiso Mahlangu, wat in ’n vermomming tussen die roubeklaers sit

Fotobron: Deur familie verskaf