’n Vyf-en-dertigjarige man wat Boris Johnson swak nageboots het, is in hegtenis geneem nadat hy met sy kar in ’n paal vasgejaag het.
Die man van Zuidhorn in Nederland is deur die polisie vashetrek nadat hulle op sy verlate motor afgekom het. Hy was soos die voormalige Britse Eerste Minister, Boris Johnson, aangetrek.
Ongelukkig vir die verdagte het hy nie die polisie met sy reisdokumente geflous nie – ’n nagebootsde Oekraïnse rybewys met Johnson se foto en regte geboortedatum.
Die rybewys, wat in sy kar gevind is, is tot die jaar 3 000 geldig.
“Die persoon kon homself nie identifiseer nie, en wou nie blaas sodat sy bloedalkohol gemeet kan word nie,” het ’n polisie-segspersoon aan AFP nuusagentskap gesê.
Die polisie het op Instagram geskryf: “Ongelukkig vir die man kon hy ons nie flous nie.”
Dit is nie bekend of die nabootser ’n Oekraïnse burger is nie, maar ’n voormalige Russiese korrespondent het aan Nederland se opnbare uitsaaier gesê vals rybewyse word in toeristewinkels is Oekraïne verkoop.
“Ek het at rybewyse met die voormalige Duitse kansellier, Angela Merkel, en die Oekraïnse President Wolodymyr Zelensky, onder andere, gesien,” het Kysia Hekster getwiet.
Saamgestel deur eie beriggewer
In die foto hierbo: Die kamma Boris
Fotobron: Twitter