Biere en borrels wanneer WP vir Bulle by die horings pak

Deur Dylan Bettencourt

SPORTKEUR: Maak seker jy’t ‘n braaipak en yskoue bier gereed vir Saterdag se sjampanje-rugby vooruitsigte.

➤ As dit ‘n boksgeveg was, sou dit as wedstryd van die seisoen bekend gestaan het.

John Dobson se Westelike Provinsie en Jake White se Blou Bulle pak mekaar om 6.30nm in Kaapstad, met ondersteuners wat sê die WP is in volle beheer van die Curriebeker en kannie geklop word nie, terwyl ander glo die momentum lê by die Bulle.

Verwag ‘n groot skare en eindstryd-tipe rugby van die hoogste graad. Wat ookal jy doen, moet dit nie misloop nie!

➤ Glo dit of te nie, die Pumas kan wel gewen word. Die feit dat hulle net een wedstryd verloor het en die Leeus net twee oorwinnings behaal het, verhoed nie die ouens van Johannesburg om Vrydag teen 5nm ‘n haas uit die hoed te trek op Emirates Park nie.

Aan die ander kant is die kans ongeveer nul vir die Griffons om hul wedstryd teen die Cheetahs te wen. Die Griffons het een Curriebeker-oorwinning op hul kerfstok, maar die Cheetahs staan ‘n daadwerklike kans om die beker te wen. Moenie verwag dat die Griffons Vrydag (om 7.05nm) die Cheetahs in Bloemfontein sal klop nie.

Behalwe vir die punteverskil, het die Haaie en Griekwas presies dieselfde statistieke op die puntelys met sewe wedstryde gespeel en drie nederlae elk. Dit is baie beslissend vir daardie deurslaggewende derde plek op die puntelys wanneer hulle Saterdag om 1.30nm in Durban teen mekaar te staan kom.

Terwyl Neil Powell in die spervuur is vir die flou vertoning van sy sterbelaaide spanne in alle kompetisies, verseker Griekwas-afrigter Pieter Bergh weekliks dat sy span alles insit – hy werk met wat beskikbaar is. Wen of verloor, Griekwas gee altyd hul beste.

Al die rugby-aksie sal regstreeks op DStv te siene wees.

➤ Vir die eerste keer hierdie seisoen jaag Arsenal die Premierliga se hoogste sport, wat afskop teen mede Londen-span Chelsea.

Na hulle Woensdagaand 4-1 teen Manchester City verloor het, bevind Arsenal hulself in onbekende omtrekke: aan’t spaander vir die Premierliga-titel.

Vir groot dele van die seisoen het Arsenal gelyk of hulle die liga beheer, maar nou moet verskeie beker-eindstryde gewen word ​​as hulle hul eerste titel in 19 jaar wil verseker.

Dit begin alles met ‘n uitstappie na Stamford Bridge om ‘n gewonde Chelsea-span aan te vat, wat nog niks gewen het sedert die legendariese Frank Lampard op ‘n tydelike basis aangestel is nie.

As gunstelinge sal Arsenal die wedstryd aandurf met die doel om te wen, en sonder twyfel aangevuur word deur die vars wond van hul City-verlies.

Maar vir Chelsea en Lampard is daar geen beter oomblik om hul eerste oorwinning te behaal en moontlik Arsenal se droom om die liga te wen, in die kiem te smoor nie.

Aangesien dit ‘n ekstra-lang langnaweek in Suid-Afrika is, sal aanhangers tot Dinsdag om 9nm vir daardie wedstryd moet wag.

City mag egter die voortou in die Premierliga neem wanneer hulle Sondagmiddag in Fulham gaan kuier.

‘n Oorwinning by Craven Cottage sal Pep Guardiola en sy span met een punt boaan die puntelys plaas.

Dié wedstryd skop om 3nm af, voordat Liverpool gasheer speel vir Tottenham Hotspur in die wedloop vir ‘n Europese sokkersege.

Albei spanne benodig ‘n oorwinning as hulle volgende seisoen ‘n kans wil staan ​​om vir die Europese kompetisie te kwalifiseer.

Ryan Mason sal Sondagaand om 9.30nm die leiding neem in sy tweede wedstryd vir Spurs.

Vang al die Premierliga-aksie regstreeks op DStv-kanaal 203.

➤ ‘n Heel anderster naweek van Formule 1 lê voor met die Azerbaijan Grand Prix se nuwe Sprint-formaat.

Na byna ‘n maand sonder enige F1-aksie pak die Grand Prix in Baku ‘n nuwe styl aan.

Kwalifikasie vir Sondag se wedren vind Vrydag om 3nm plaas.

Daar sal Saterdagoggend om 10.30vm vir die Sprint-wedloop gekwalifiseer word, voor die wedloop om 3.30nm wegtrek.

Die hoofresies vind Sondag om 1nm plaas. Vang al die drama en aksie regstreeks op DStv-kanaal 215.

Op die foto hierbo: Westelike Provinsie pak die Blou Bulle