Deur Michael Madyira
Die toekoms van Suid-Afrikaanse sokker lyk blink, met ’n hele paar tieners wat groot belofte toon in die PSL, die land se voorste klubliga.
’n Aantal afrigters het groot vertroue in wonderkinders gestel wat internasionale supersterre kan word.
Sonder die afleidings wat die loopbane van vorige jong sterre laat ontspoor het, kan die huidige groepie die nasionale span vorentoe in ’n formidabele eenheid omskep.
Siyabonga Mabena
Dié belowende graad 10-leerling by Clapham High School in Pretoria wil ’n balans vind tussen sy skoolwerk en die eise wat sokker stel by ’n groot klub soos Mamelodi Sundowns.
Hy het sy PSL-debuut op 14 Maart teen Royal ASM gemaak en daarna nog vier keer vir Sundowns gespeel.
Die voorspeler is deel van Suid-Afrika se groep by die onder-17 Afrika-Nasiebekertoernooi in Algerië.
Ntando Nkosi
Nog ’n Sundowns-sterretjie. Die 18-jarige middelveldspeler was al een keer in die beginspan en een keer op die bank.
Thapelo Maseko
Die Belgiese span KV Westerlo het twee aanbieding aan SuperSport United vir die 19-jarige Maseko gemaak, wat vier ligadoele in 21 PSL wedstryde behaal het.
Mduduzi Shabalala
Die 19-jarige aanvallende speler is in sy tweede jaar in die topliga en het homself nou gevestig as ’n sleutelspeler in Kaizer Chiefs se groep, met 17 wedstryde en twee doele.
Wandile Duba
Dube het vyf wedstryde vir Chiefs gespeel sedert sy deduut as 18-jarige op Nuwejaarsdag.
Luphumlo Sifumba
Die 17-jarige, wat hoog deur die Eric Tinkler, Cape Town City se bestuurder, aangeslaan word, het verlede naweek sy debuut vir dié klub teen Orlando Pirates gemaak.
Luke Daniels
Die 19-jarige doelskieter vir Cape Town City het in 10 wedstryde nog nie die doelhok gehaal nie, maar Tinkler praat met groot lof van hom.
Olwethu Makhanya
Met sy groot postuur is dit moeilik om te glo die Stellenbosse middel-agterspeler is net 18. Hy speel met die selfversekerdheid van ’n veteraan.
Bandile Dlamini
Royal AM se spelers het die hoogste gemiddelde ouderdom in die PSL, en die 19-jarige middelvelder Dlamini veg nog om ’n gereelde plek tussen sy veteraan-spanmaats te verwerf.
Aphelele Teto
TS Galaxy se afrigter, Saed Ramovic, het die 19-jarige Aphelele Teto na die reserwespan afgeskuif omdat “hy dink hy is Messi”, maar hy bly een van die ondernemendste vleuels in die PSL.
In die foto hierbo: Mamelodi Sundowns se voorspeler Siyabonga Mabena
Fotobron: Mamelodi Sundowns