Talle van SA in Khartoem vasgekeer

Meer as 50 Suid-Afrikaners tel onder die honderde duisende burgerlikes wat in Khartoem deur geweervuur vasgepen is.

Met die Soedanese konflik wat ’n vyfde dag binnegaan, raam die Wêreld-Gesondheidsorganisasie dat meer as 400 burgerlikes dood is.

Soldate van die Rapid Support Forces (RSF), lojaal teenoor die krygsheer Generaal Hamdam Dagalo (Hemedti), is in beheer van die middestad en die lughawe.

Vliegtuie van die regeringsmagte, onder Generaal Abdel Fattah el-Burhan, bombardeer en bestook RSF teikens in woongbiede, en die lughawe word onophoudelik aangeval.

Vroeg Sondagoggend het Amerikaanse, Franse en Britse gewapende magte ’n militêre sending uitgevoer om ambassade-personeel en hulle afhanklikes uit die stad te verwyder.

Die Suid-Afrikaanse regering het gesê hulle ondersoek moontlikhede, en het burgers versoek om binnenshuis te bly en te wag op verdere opdragte.

Diegene wat kon, het die stad verlaat en buitelanders het die wapenstilstand tydens die Eid-al-Fitr-fees benut om te vlug.

Yousra Elbagir, a Sudanees-Britse joernalis en skrywer in die stad, het gesê in ’n enkele gebou is 32 burgerlikes vasgekeer.

“Mense raak rusteloos. Mens kan die uitwerking sien wat dit op kinders het. Hulle is bang.”

Ongeveer 4 000 Nigeriese studente is in die land vasgekeer. Volgens berigte raak hulle kos en water op, en hulle is afhanklik van ander om tot hulle redding te kom.

In die foto hierbo: Soedan brand

Fotobron: Twitter