Deur Everson Luhanga
Donderdag het nie goed vir misdadigers in Midrand afgeloop was nie. Die polisie het padversperrings neergelê en klopjagte op besighede uitgevoer, en 985 verdagtes aangekeer.
Dit was die mees onlangse fase van operasie O Kae Molao. Speurders het gesê hulle het binne 24 uur toegeslaan en verdagtes vir misdade soos diefstal, gender-gabasseerde geweld, rooftogte en aanrandings in hegtenis geneem.
Polisiesirenes het deur Midrand se strate weerklink, terwyl beamptes van straat tot straat beweeg het.
Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Elias Mawela, het dit as ’n broeines vir misdaad beskryf.
By die een padversperring het die polisie 30 ongedokumenteerde buitelanders aangekeer. Een man is in hegtenis geneem vir besit van ’n jaggeweer en 58 patrone. Die operasie is daarna na The Boulders winkelsentrum en die China Mall geskuif, waar die polisie besighede en hulle lisensies om handel te dryf ondersoek het.
In die foto hierbo: Gautengse polisielede slaan toe by ’n winkelsentrum Midrand
Fotobron: Everson Luhanga