Vier dae van kiertsregop is g’n grap nie

Deur Everson Luhanga

‘n Man in Uganda wat dodelike doepa gedrink het om sy staal in die bed ten beste af te wys, kon vir vier dae daarna nie weer sy mas laat sak nie.

Nadat alle pogings om die tent af te slaan misluk het, is hy in die Lifeline Internasionale Hospitaal in Zana naby Kampala ingeteken om sy ereksie te verpleeg.

Die brousel wat hy ingeneem het, was ‘n mengsel van die krui mukombelo en sildenafil, ook bekend as viagra.

Die man is deur Dr Emma Sserunjogi behandel wat gou agtergekom het dat die pasiënt “kruie ingeneem en vir vier dae lank regop gestaan het”.

Mukombero is ‘n krui in Uganda wat glo witwarm aksie in die kooi waarborg. Mans in Uganda stroom na informele handelaars wat die kruie verkoop om sodoende hul seksdrang die hoogtes in te stuur.

Maar gesondheidskenners in dié land het gewaarsku dat die kruie gebruikers impotent kan maak of tot die dood mag lei.

Te veel van ‘n goeie ding is some net te veel.

‘n Groeiende aantal kruieaanvullings wat voorgee om erektiele disfunksie aan te spreek, bevat verborge bestanddele wat mense se gesondheid in gevaar kan stel, het kenners gewaarsku.

Ten spyte van hierdie waarskuwings gebruik mans uit baie verskillende dele van Afrika die kruie om hul in prestasie in die katel te laat skitter.

Foto hierbo: Die towerwortel mukumbelo