Deur Everson Luhanga
Doctor Sobetha, die man wat verlede week in Bethal se Landdroshof in hegtenis geneem is omdat hy hom as ’n prokureur voorgedoen het, het na bewering ’n vals begrafnispolis-eis probeer instel ná sy tweelingbroer se raiselagtige dood.
Die man se gesin het aan Scrolla.Africa gesê Sobetha het probeer om ’n polis-uitbetaling op te eis nadat sy broer, Teacher Professor Matshia, op 30 December dood is. Sy lyk is buite ’n begraafplaas in ’n uitgebrande kar gevind.
Die broers se vanne verskil omdat hulle verskillende ouers se vanne aangeneem het.
Elf dae na sy broer se dood het Doctor die versekeringsmaatskappy glo gebel en hom as sy broer voorgedoen. Hy het die polis verander en homself die begunstigde gemaak.
’n Ondersoek na Teacher is dood duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die familie wag op antwoorde oor die oorsake van sy dood.
Die versekerigsmaatskappy het Doctor betrap. Die uitbetaling sou R55 000 beloop.
Hy is op 24 March in Bethal se landdroshof in Mpumalanga in hegtenis geneem omdat hy hom as ’n prokureur voorgedoen het.
Hy het die 37-jarige Mhlabuyaxega Mntungwa, wat aangekla is vir die moord op ’n destydse takbestuurder by die Sam Holdings maatskappy, Nkosinathi Emmanuel Ngcongo, wat in 2019 doodgeskiet is.
Doctor se suster het aan Scrolla.Africa gesê hulle is stomgeslaan deur die inhgegtenisneming.
Hulle was ook verbaas om te hoor Doctor het ’n matrieksertifikaat aan die polisie gewys toe hulle hom vasgetrek het. Volgens die familie het hy ná Gr 10 opgeskop.
Voordat sy optrede aan die lig gekom het, het die familie geweier om te glo Sobetha tree by verskeie howe in Tembisa en in Mpumalanga op in ’n toga wat prokureurs gewoonlik dra.
“Ons het gedink hy help net soms uit met klein takies toe ons hoor hy word daar gesien, omdat ons weet hy het nie enige opleiding nie.”
TYDLYN:
- Teacher, ’n elektriese ingenieur, is op 29 Desember verlede jaar Mabopane toe om elektriese toebehore te installeer.
- Op 30 Desember het Doctor die familie gebel om te sê Teacher is dood in sy uitgebrande kar gevind.
- Teacher is op 4 Maartt 2023 begrawe.
- Op 10 Januarie het Doctor ’n oproep na die versekeringsmaatskappy gemaak en hom as Teacher voorgedoen om homself die begunstigde in die polis te maak. Hulle het die verandering aangebring.
- Op 23 Januarie het Doctor die versekeraars weer gebel, sy broer se dood aangemeld en ’n eis ingestel, glo sodat die familie vir die begrafnis kan betaal.
- Die versekeraar het aan Doctor dokumente gestuur wat hy moes invul.
- Doctor het sy broer se doodsertifikaat vir hulle gestuur en die dokumente geteken, sodat die geld uitbetaal kon word.
- Die versekeraar het dadelik gesien Teacher is op 30 Desember dood, 11 dae voordat Doctor homself – as sy dooie broer – die begunstigde gemaak het.
Nou gaan Doctor se familie ook ’n bedrogsaak teen hom oopmaak. Hy is reeds in polisie-aanhouding vir die ander bedrogsake.
Kaptein Dineo Lucy Sekgotodi, segspersoon vir die Valke, het gesê Sobetha sal op 3 April terug wees in Bethal se landdroshof vir ’n borgaansoek. Die ondersoeke duur voort.
In die foto hierbo: ’n Uitgebrande kar waar Teacher Professor Matshia op 30 December 2022 in Winterveld, Tshwane, dood gevind is
Fotobron: Verskaf