Deur Zukile Majova
Political Editor
Dr Mpho Phalatse het superster-mag.
Enigeen wat gesien het hoe sy met die ANC se bullebakke stoei in die stryd om beheer van die Johannesburgse metro, met ’n begroting van R87 miljard, sou haar talent bespeur het.
Ondanks tallose pogings van die ANC om haar pogings te ondermyn, het Phalatse daarin geslaag om ’n brose koalisie van kleiner partye te lei wat in haar toekomsblik glo.
Sy het ’n omvattednde plan ontwikkel om die impak van beurtkrag op maatskappye in die land se ekonomiese spilpunt te verminder.
Die ANC-koukus het haar aansoek om ’n lening van R2 miljard om die stad se finansies te stabiliseer en ekonomise herstel aan te dryf afgekeur.
Maar dieselfde ANC-geleide koalisie het dadelik planne aangekondig om ’n lening van R2 miljard goed te keur nadat Phalatse uit haar amp verdryf is.
Slegs twee maande ná haar vertrek het die Stad beurtelinge waterverbruik in verskeie gemeenskappe ingestel, al was damme tot oorlopens toe vol.
Die nuwe burgemeester, Thapelo Amad, het aan die media gesê hy het geen benul of Rand-Water of Johannesburg-Water vir die petalje verantwoordelik is nie.
Ten minste 28 watertenkwaens ry die stad vol om water aan desperate belastingbetalers te verskaf.
Woensdag het die Departement van Gesondheid 10 bevestigde gevalle van cholera aangemeld.
Dit was ’n groot verlies vir die meer as ses miljoen inwoners van Johannesburg toe Phalatse se koalisie deur ’n koalisie van die ANC en die EFF verslaan is.
Maar sy hoef nie verlore vir Suid-Afrika te wees nie.
Sy is presies wat die DA nodig het terwyl hulle hulle saak aan miljoene lede van die swart middelklas stel voor die 2024 verkiesing.
Die bepaling van haar toekomstige rol in die party begin hierdie naweek, wanneer sy die party se witbroodjie, John Steenhuisen, pak vir die rol van die DA se federale leier.
Steenhuisen het Mmusi Maimane vervang ná die 2019 verkiesing, waarin die party vir die eerste keer steun verloor het, af van 22.23% na 20.7%.
Maar die outjie van Durban Noord het nie naastenby Phalatse se sjarme vir ’n groter massa stemmers in ’n verkiesing was as die belangrikste sedert 1994 bestempel word nie.
Die opposisie het werklik ’n kans om die ANC se stempersentasie na onder die 50%-kerf in provinsies soos Gauteng en KwaZulu-Natal af te bring.
Die DA het gekies om nie vir Phalatse as ’n leiersfiguur in een van hulle veldtogte of protesaksies in te span nie.
As hulle aanhou om haar in die kantlyn te hou, kan hulle haar maklik afstaan aan, sê nou maar, ActionSA, wat desperaat is vir iemand van haar statuur en welsprekendheid om hulle verkiesingsveldtog aan te vuur.
As sy die DA sou verlaat, sou sy haar by ’n lang lys prominente swart leiers aansluit, soos Lindiwe Mazibuko, Herman Mashaba, Mmusi Maimane, Phumzile van Damme, Mbali Ntuli, Makashule Gana en Bongani Baloyi.
Maar nie nie een van hulle was so ’n groot verlies as wat die Johannesburgse dokter sal wees as sy van die party sou wegstap nie.
In die foto hierbo: Mpho Phalatse
Fotobron: Twitter