‘n Onlangse studie het bevind dat mans met groot neuse waarskynlik beterbedeeld is.
Groot voete of hande is lank reeds beskou as aanduiding van groter penisse, maar neuse mag meer onthul as voorheen vermoed.
Navorsers aan die Kyoto Prefectural University of Medicine sê daar is ‘n duidelike korrelasie tussen die grootte van ‘n man se neus en dié van sy penis, het Men’s Health berig.
Die studie is in die mediese joernaal Basic and Clinical Andrology gepubliseer, en toon dat mans met groter neuse spog met ‘n regop penislengte van minstens 5.3 duim.
Mans met kleiner neuse het blykbaar ‘n Jakob-regop penislengte van 4.1 duim.
Die navorsers het 126 manlike lyke bestudeer, drie dae na hul heengaan.
Deur na faktore soos lengte en gewig te kyk, het die span “gestrekte penislengte” (GPL) data versamel en gevind dat daar geen verband tussen voet- en penisgrootte was nie.
“Die feit dat neusgrootte verband hou met GPL, dui aan dat penislengte nie deur ouderdom, lengte of liggaamsgewig bepaal kan word nie, maar reeds by geboorte vasgestel is,” aldus die studie.
“Hoewel ons resultate nutteloos is vir forensiese doeleindes, kan die begrip van die penis se groeiproses of gelaatstrekke baie belangrik wees vir die ekstrapolering van fetale androgeenvlakke en feite rondom manlike geslagsfunksies.”
So dames en/of here, dit is miskien ‘n goeie idee om gawer te wees met die groot-neus ou want, wie weet, miskien verras hy jou heel aangenaam met daai bielie onder sy belt.
Saamgestel deur Dylan Bettencourt
Op die foto hierbo: ‘n Groot neus