Deur Buziwe Nocuze
Daar is ’n muurskildery aan die voortkant van Phelokazi Mqathanya se familiewoning. Dit is ’n eerbetoon aan haar en vestig aandag op die ongeregtighede waarmee die queer gemeenskap te kampe het.
Die skildery, wat deur die Free Gender organisasie geskep is, dien om ons te herinner dat haar moordenaar nog steeds in ons midde mag wees.
Phelokazi, ’n lesbiese vrou van Khayelitsha in Kaapstad, is op 2 Mei 2021 deur ’n man doodgesteek nadat sy weggeskram het van sy ongevraagde aandag.
Die Suid-Afrikaanse regstelsel het tot haar familie se leed bygedra deur die saak keer op keer uit te stel, wat dit moeilik maak vir hulle om afsluiting te vind.
Nozuko Ndlwana, Phelokazi se suster, het uitgepraat oor die familie se frustrasie met die regstelsel.
“Haar moordenaar gaan moontlike vrygespreek word, maar ons hoop die waarheid kom eendag uit en hy betaal vir sy sondes,” het Nozuko gesê.
“Die feit dat die saak reeds 15 keer uitgestel is, is ’n voorbeeld van die regstelsel se onvermoë om die moord op ’n lesbiese vrou ernstig op te neem.”
Gemeenskap-aktivis en stigter van Free Gender, Funeka Soldaat, beaam Ndlwana se gevoelens, en sê die staat se mislukkings dra by tot ’n kultuur waarin geweldmisdadigers ongestraf bly.
Eric Ntabazalila, segspersoon vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het verduidelik dat die verdagte die saak vertraag met aansoeke dat die NVG dit laat vaar.
“Die aansoeke is verwerp, en die staat het uitstel gevra sodat getuies nagespeur kan word,” het Ntabazalila gesê. Hy sê dis is nodig, want daar was nie ooggetuies nie, en die omstandigheidsgetuienis is onvoldoende.
Die muurskildery is ’n kragtige bewys van ’n gemeenskap se weerstand teen geweld en ongeregtigheid.
In die foto hierbo: Nozuko Ndlwana, lang die portret van Phelokazi’s wat die Free Gender organisasie en haar vriende geskep het
Fotobron: Buziwe Nocuze