Kunsmatige kat-telligensie!

CatGPT bied so ‘n katspoegie kompetisie vir die revolusionêre Kunsmatige Intelligensie (KI) platform ChatGPT.

Alhoewel dit dalk nie so slim is nie, praat dit baie meer en het ChatGPT se kletsbot behoorlik aan die spin.

Die katbot se bestemmingsblad is ontwerp om presies dieselfde te lyk as dié van ChatGPT.

Maar CatGPT het ‘n spelerige humorsin en beantwoord enige vraag of opdrag met ‘n gif-afbeelding van kietse wat hul lyf kat hou, of dit nou ‘n omvaltoertjie of pensievryf pleidooi behels.

Dit beantwoord ook ‘n paar vrae met ‘n lang verduideliking in kattaal, beter bekend as ‘miaau’. Maar moenie dink jy kry net een miaau nie, want CatGPT antwoorde neem gereeld verskeie lyne op.

Sommige van sy vermoëns sluit in om te “onthou waar die gebruiker al die lekkernye begrawe het”. Dit erken ook dat dit ‘n paar beperkings het, soos om “soms haarballe te uit te proes.”

Insider het CatGPT gevra wat die grootste staat in die Verenigde State is.

Die antwoord was: “Miaau miaau miaau miaau – miaau miaau! Miaau miaau – miaau miaau miaau. Miaau miaau miaau miaau miaau – miaau miaau? Miaau miaau miaau miaau miaau miaau – miaau miaau miaau miaau. Miaau miaau miaau – miaau miaau.”

Ons hoor jou, CatGPT.

Volgende keer as jy ‘n etensplan wil opstel of selfs wonder hoe om ‘n vermiste katspeelding te vind, probeer CatGPT: die nuwe, verbeterde KI-hulpmiddel.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt