Chetty se hart breek oor sy krieket moet groet

Deur Thathe Msimango

Die Proteas se paaltjiewagter-kolwer Trish Chetty se hart is flenters omdat ’n besering haar dwing om die spel waaraan sy haar lewe gewy het moet opsê as gevolg van ’n rugbesering.

The 34-jarige het ’n glorieryke loopbaan van 16 jaar in vrouekrieket gehad, nadat sy op 18 die Proteaspan gehaal het.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Scrolla.Africa het Chetty gesê dis bitter moeilik om uit te tree terwyl jou hart daarna smag om aan te hou speel.

“Dit is altyd moeilik wanneer ’n besering jou terughou,” het sy bewoë gesê. “My mediese span het alles in hulle vermoë gedoen om my weer te laat speel, maar die afgelope paar maande het ek my daarby berus dat my liggaam nie kan voortgaan nie.”

Haar lang internasionale loopbaan is deur hartstog aangedryf, en deur die begeerte om ’n doel saam met die span na te jaag.

“Ek is gek daarna om krieket te speel en deel van ’n span te wees. Mens deel hoogte- en laagtepunte met jou spnmaats, en dis spesiaal. En natuurlik voel ek trots en geëerd dat ek my land kon verteenwoordig.”

Chetty het ’n skitterende internasionale loopbaan gehad. Sy het 138 eendagwedstryde, 82 T20’s en twee toetse vir die Proteas gespeel.

Sy het met die kolf uitgeblink en 2 703 lopies in eendagwedstryde aangeteken, met 16 vyftigtalle en ’n beste telling van 95, teen Ierland in 2016. Sy het 1 117 lopies, met vyf vyftigtalle, in die T20 formaat geslaan.

“Ek is trots op die feit dat ek 16 jaar lank internasionale krieket kon speel, en op alles wat die span vermag het,” het sy gesê.

“Ek dink ons het die standaard van vrouekriket in die land opgehef en ’n pad vir die volgende generasie gebaan.”

Chetty sê vrouekrieket in die land het ’n blink toekoms, mits borgskappe verseker dat die ontwikkeling voortgaan. 

“Ek hoop borge kan sien vrouekrieket is hulle steun waardig. Die onlangse Wêreldbeker-reeks het gewys waar ons nou staan. Natuurlik is daar altyd ruimte vir verbetering,” het sy gesê.

In die foto hierbo: Trish Chetty 

Fotobron: Twitter