Die internasionale “Terreurgam-Kollektief” is ’n neo-Nazi-groep wat massamoord op swart, Joodse en gay mense nastreef, om ’n wêreld te skep waar wittes regeer.
Nou het ’n anti-fascistiese ondersoekende nuusbron, Left Coast Right Watch, een van hulle grootste propaganda-saaiers blootgelê: Dallas Erin Humber, ’n 33-jarige vrou wat in Sacramento, Kalifornië woon.
Die publikasie het gevind sy is ’n dildo-verkoper wat videos pos waarin sy stoute speelgoed ressenseer.
Left Coast Right Watch het aan die lig gebring dat Humber die persoon agter talle Telegram-rekeninge is, en die verteller van die kollektief se dokkies en oudioboeke.
Hulle navorsing toon dat sy al sedert haar tienerjare ’n neo-Nazi is.
Haar gebruiksname sluit in pretty dictator, the Lolita of the Far Right, Lil’ Lolita, hopelessfangirl, Lil’ Miss Gorehound en Miss Gorehound, die verteller op Terrorgram.
“Guten tag!” skryf sy in ’n LiveJournal-rekening met die naam “pretty dictator,” wat in 2003 geskep is.
Pretty dictator se LiveJournal, het die jong skrywer verklaar, was ’n plek vir “die persoonlike insigte van ’n “leerling fascistiese diktator” en “die storie van ’n wit meisie met ’n droom.”
Die blad haal Nazi-leiers soos Hitler en Rudolf Hess aan.
In die foto hierbo: Dallas Humber
Fotobron: Twitter