DIE ANC SE ANDER BRANDSIEK KONTANTKOEI

Deur Zukile Majova, Politieke Redakteur

Dit eindig nie by Eskom nie. ANC-leierskap is ook diep betrokke by die plundering van Transnet.

Transnet is in dieselfde bootjie as Eskom – al is die skade minder sigbaar.

Die spoor- en hawefirma kan nie in die aanvraag voorsien nie, wat die mynbedryf se vermoë het om hul produkte uit te voer verswak. Dit kos die land se ekonomie miljarde.

Die tweede deel van oofregter Raymond Zondo se staatskapingsverslag haal met gesag aan hoe ‘n ANC-president, ministers, en senior bestuurders Gupta-maatskappye gehelp het om Transnet te besteel.

Die Staatskapingskommissie wys die vinger na oudpresident Jacob Zuma en oudministers Malusi Gigaba en Lynne Brown, wat betrokke was in ‘n weldeurdagte plan om miljarde rande uit die semistaatsinstitusie te syfer.

Topleierskap van die ANC, insluitend nasionale voorsitter Gwede Mantashe – die man wat nou vertrou word om die land se reaksie op die energiekrisis te lei – word ook betrek.

Spesifieke fokus word gevestig op hoe die Guptas Transnet se lokomotiefverkrygingsfonds van R300 miljard besteel het met behulp van die groep se uitvoerende hoof, Brian Molefe, en finansiële hoof, Anoj Singh.

En nog is dit het einde niet. Die verslag impliseer ANC-staatmakers soos Jeff Radebe, voormalige minister van justisie, en voormalige hoof van die SANW, generaal Siphiwe Nyanda, wat daarop aangedring het dat Gupta-akoliete soos Molefe aangestel word.

Zondo voer aan hierdie ANC-grootkoppe het ‘n “sistematiese skema” ontwerp om “onwettige en korrupte beheer van besluitneming te verseker”.

Zondo het gesê: “In die finansiële sin het Transnet die primêre teiken van staatskaping geword.”

In dié skema het die Guptas met R7.32 miljard van die China South Rail Corporation en die China North Rail Corporation weggestap.

Maar Eskom bly steeds die grootste nuusmaker.

ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het vandeesweek geëis dat Andre de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, bewyse moet lewer dat die ANC en sy senior lede by Eskom korrupsie baat gevind het.

De Ruyter het nou slegs ‘n week om te reageer op ‘n brief van ANC-prokureurs.

Maar Mbalula en die ANC is reeds in besit van hope bewyse oor hoe senior ANC-lede Gupta-verwante maatskappye geplunder of gehelp het om maatskappye in staatsbesit te besteel.

Mzansi onthou hoe die ANC-beleggingsfirma Chancellor House die Japannese maatskappy Hitachi gehelp het om ‘n keteltender van R38 miljard vir kragstasies by Medupi en Kusile te bekom.

Eskom het al baie bestuurders gehad, maar niemand het meer gedoen om korrupsie te ontbloot en daaroor verslag te doen as De Ruyter nie

Bekommerd dat meer as R1 miljard elke maand uit Eskom gesteel word, het De Ruyter aangemeld by minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan – die aandeelhouer minister wat die regering by Eskom verteenwoordig.

Hy het ook ‘n web van sindikate wat in die Mpumalanga-steenkoolgordel werksaam is, by die nasionale polisiekommissaris-generaal Fannie Masemola aangemeld.

Masemola is glo ook ingelig oor twee senior ANC-regeringsamptenare wat met hierdie kriminele kartelle saamgewerk het.

Ilustrasie hierbo: Die Lokomotief Kontantkoei

Illustreerder: Tinus Horn