Deur Thathe Msimango
Die heersende Comrades Marathon-kampioen, Tete Morena Dijana, kannie glo dat hy die nuwe 50 km wêreldrekordhouer is nie.
Dijana het ‘n skitterende tyd van 2:30:04 gehardloop om die Runfied 50 km-wedloop Sondag in Gqeberha te wen.
Hy het die rekord van 2:40:13, wat deur Suid-Afrikaanse meermalige nasionale kampioen Stephen Mokoka opgestel is, laat spat.
Dijana, wat as sekuriteitswag by Noordwes Universiteit werk, het twee weke onbetaalde verlof geneem om vir die wedloop voor te berei.
Hy sê hy is steeds woordeloos.
“Ek raak emosioneel as ek dink aan wat ek behaal het. Ek kon my nooit eers verbeel dat ek die wêreldrekord sou breek nie. Dit is nog nuut. Die nuus moet nog insink,” het hy aan Scrolla.Africa gesê.
“My oefenprogram ter voorbereiding van die wedloop het gewys dat ek goed op dreef is. In my gedagtes het ek na die wedloop gegaan om te wen, maar nie met die rekord in my kop nie. Die manier waarop my lewe in ‘n kort tydjie verander het, maak dat ek God selfs meer waardeer.”
Die 34-jarige Dijana het R150,000 losgeslaan vir die wen, en nog R100,000 ekstra in sy sak gesteek omdat hy die rekord verpletter het.
Hy het gesê hy beplan om die geld te belê vir ‘n beter toekoms.
“Ek is nou besig om my huis klaar te bou en ek het onlangs ‘n kar gekoop het. So hierdie geld sal alles as beleggings gebruik word. Sport is ‘n kort loopbaan, so ek moet mooi dink oor hoe ek my geld gebruik,” het hy gesê.
Hy beplan om te rus totdat hy in Junie sy Comrades Marathon-titel verdedig.
“Ek gaan eers in Junie weer kompeteer. My volgende wedloop is die Comrades Marathon, wat ek beoog om vir die tweede keer te wen. Ek moenie nou dinge oordoen nie,” het Dijana verduidelik.
Dijana word afgerig deur die legendariese Dave Adams, wat ook die voormalige Comrades-wenner Edward Mothibi afrig.
Op die foto hierbo: Tete Morena Dijana
Fotobron: verskaf