In liefdesnaam, ja!

Deur Khaya Ndaba

Kan ’n naamverandering jou anders na die lewe laat kyk? Voorwaar. Vra maar vir Katlego Love Sithole.

Hy is ’n beeldende kunstenaar van Maboneng, Johannesburg, wat gewys het die verlede hoef nie jou hede of jou toekoms te wees nie.

Love, soos hy aangespreek wil word, is oorspronklik van Limpopo. Vyf jaar gelede was hy Katlego Modise. Sy van was sy ma se stamnaam. Hy wou sy pa se stamnaam aanneem, maar dit was moeilik, want sy oupa wou nie sê wat dit was nie.

Toe sy oupa dood is, is die geheime stamnaam saam met hom graf toe. Love, wat toe nog nie Love was nie,  het sy pa gevra om die van Katlego as stamnaam aan hom toe te sê, maar sy pa het geweier.

Toe gaan loer hy sonder toestemming in Oktober 2020 by Binnelandse Sake in, en siedaar, hy is Katlego Love Sithole. Sithole is die van op sy ma se ID-kaart.

Die naam Love het sy gedagtegang, lewe en kuns omgeswaai. “Die wêreld het vir my verkeerd gelyk, en ek wou dit verander,” sê die 31-jarige Love.

“Hoe ouer ek geword het, hoe meer het ek besef hoe ons nasie se geskiedenis ons ouers getraumatiseer het.”

Voordat hy ’n kunstenaar geword het, was hy administratiewe boekhouer by ’n mediese sorg-maatskappy.

Dis daar waar hy homself op YouTube grafiese ontwerp geleer het, en waar hy die werk van die Amerikaanse kunstenaar Jean-Michel Basquiat ontdek het. Hy het kort daarna bedank om kuns voltyds te beoefen.

“Ek wil maniere vind om mense se oë oop te maak, en om die waarheid te konfronteer, sodat ons in die regte wêreld kan leef,” het hy aan Scrolla.Africa gesê.

Die liefde, wil hy ons laat besef, oorwin alles.

In die foto hierbo: Katlego Love Sithole

Fotobron: Verskaf