Rewolusie-held Sankara ‘eervol’ begrawe

Burkina Faso se geliefde rewolusionêre leier, Thomas Sankara, wat in 1987 in ’n sluipmoordaanval dood is, het steeds heldestatus onder sy pan-Afrika ondersteuners.

Nou word sy liggaam saam met 12 van sy kamerade herbegrawe op die plek waar hulle doodgeskiet is. Daar bestaan reeds ’n gedenkteken.

Jean-Emmanuel Ouedraogo, die regerende junta se minister van kommunikasie, het aangekondig dat dié gebeurtenis hierdie maand sal geskied, maar nie ’n vaste datum gestel nie.

Sankara het in 1983 op die ouderdom van 33, as kaptein in die leër, die mag oorgeneem. Onder sy volgelinge en bondgenote het hy as Afrika se Che Guevara bekend gestaan, as gevolg van sy vurige Marxistiese en Leninistiese leierskap.

Hy het die Weste gekasty oor neo-kolonialisme en skynheiligheid. Hy het sy land na Burkina Faso – “die land van eerlike mense” – herdoop. Dit was voorheen as die Republiek van Bo-Volta bekend. Hy het sy landgenote Burkinabé, “opregte mense”, genoem.

Hy het sosiale, ekologiese en ekonomiese programme geskep en verskeie hervormings deurgevoer, soos om inenting aan te moedig en die besnydenis van meisies te verbied.

Op 15 October 1987 is Sankara en 12 ander deur sluipmoordenaars doodgeskiet by ’n vergadering van die Nasionale Rewlusionêre Raad in die hoofstad Ouagadougou.

Sankara se medekryger, Blaise Compaore, het op dieselfde dag mag oorgeneem.

Compaore het 27 jaar lank oor die Burkinabé regeer. In daardie tyd was die noem van Sankara se dood streng verbode. ’n Openbare protesaksie het uiteindelik tot sy ondergang

gelei, en hy moes na die Ivoorkus vlug.

Die 13 liggame is in ’n begraafplaas in die buitewyke van die stad opgegrawe.

Volgens die minister se verklaring, saam met ’n “verhoor” van die 13 kamerade, moet hulle “eervol”

begrawe word.

Burkina Faso, ’n ingeslote land in die hartjie van die Sahelgebied is Wes-Afrika, gaan

gebuk onder ’n sewe-jaar-lange djihad-indringing wat duisende lewens geëis en

meer as twee miljoen mense uit hulle huise verdryf het.

Woede teen die weermag se onvermoë om die bloedvergieting stop te sit het verlede jaar tot twee staatsgreep-pogings gelei.

Saamgestel deur Mashudu Mabila

In die foto hierbo: Thomas Sankara

Fotobron: Social Global Theory