Deur Buziwe Nocuze
Die hoë misdaadsyfer in Nyanga township dwing maatskappye en ander mense wat goedere in dié gebied aflewer om vir polisiebegeleiding te vra. Pleks die polisie in die gebied dit as deel van hulle dagtaak sien, dring hulle aan op R75 daarvoor.
’n Lid van die gemeenskap, wat naamloos wil bly, is nie hieroor verbaas nie. “Ons almal weet die SAPD is korrup. Dis wat hulle doen.”
Die Gemeenskaps-polisieforum in die gebied vra dat slagoffers van dié slenter vir hulle die name gee van polisielede wat geld vra.
Sover het niemand dit gedoen nie. “Mense wil nie hulle lewens op die spel plaas nie. Dalk kan maatskappye help,” sê die anonieme inwoner.
Dumsani Qwabe, sekretaris van die forum, sê: ” Dis skandalig en onaanvaarbaar. Ons sal dit ondersoek, maar ons het die publiek se samewerking nodig.”
In die foto hierbo: Nyanga in Kaapstad se polisielede word daarvan beskuldig dat hulle R75 eis van enigeen wat hulle bewaking aanvra
Fotobron: Buziwe Nocuze