eBay kry snuf in die neus oor Latto se broekie

eBay het die Amerikaanse rapper Latto se gebruikte broekie van hulle webwerf verwyder omdat dit nie aan hulle higiëniese standaarde voldoen het nie.

Daar was ’n bod van R1,7 miljoen op die tafel toe eBay dié intieme kledingstukkie, met luiperdkolle en al, onwelkom verklaar het.

Die “Big Energy” superster het die broekie te koop aangebied nadat sy op Twitter uitgetrap is omdat sy dieselfde broekie twee maal op die verhoog aangehad het.

“O, nee, die panty-polisie!” het sy geskerts toe sy die inskrywing sien.

Sy het dit op eBay geplaas met dié beskrywing: “Latto se jagluiperdkol-broekie. Al baie kere aan Latto se lyf bespeur.”

’n Segspersoon vir eBay het aan Business Insider verduidelik dat gebruikte onderklere nie aan hulle higiëniese standaarde voldoen nie.

Latto het meer as nege miljoen volgelinge op Instagram. Sy het nog nie op eBay se besluit kommentaar gelewer nie.

Saamgestel deur Dylan Bettencourt

In die foto hierbo: Latto in die gewraakte broekie

Fotobron: @extraathique