Nie-binêre akteur speel Messias, want wie’s ons om Jesus as man te bejeën?

Jesus gaan vertolk word deur ‘n nie-binêre akteur in ‘n komende teateropvoering van Jesus Christ Superstar.

Studente van Edinburgh Universiteit se Savoy Opera Groep stel Woensdag die wêreld se eerste geslagsneutrale produksie bekend.

Roza Stevenson sal Jesus speel in die Edinburgh University-verwerking. Die rol van Judas word ook deur ‘n vrou vertolk.

Die omstrede musiekblyspel is geskryf deur Andrew Lloyd Webber en Tim Rice. Dit is die eerste keer in 1971 opgevoer en vul sedertdien teaters.

Die verwerking is goedgekeur deur Lloyd Webber, en Roza Stevenson – wat die voornaamwoorde ‘hulle/hul’ gebruik – se Jesus word ondersteun deur 12 apostels, wat ook deur vroulike of nie-binêre kunstenaars uitgebeeld sal word.

Volgens kreatiewe vervaardiger Lew Forman het die produksie ‘n geslagsblinde rolverdeling aanslag geneem om die verhaal van Jesus se laaste dae met ‘n moderne gehoor te deel.

“Jesus word onthou as ‘n man, maar wie is ons om daardie besluit te maak?” vra Forman.

Forman het gesê hy is nie bewus van enige besware geopper deur Christene of godsdiensorganisasies nie.

Jesus Christ Superstar was nooit ‘n groot treffer binne die Christelike gemeenskap nie,” het Forman gesê.

“Dit eindig nie met die opstanding nie. Dit eindig met Jesus aan die kruis. Dit is neutraal en dubbelsinnig.”

Stevenson was verheug om oudisies te kon doen en gekies te word vir die hoofrol, wat nog altyd voorheen deur manlike akteurs vertolk is.

“Die groep het ’n bekende storie geneem en dit iets nuuts en spesiaal gemaak,” het Stevenson gesê.

Jesus Christ Superstar sal van Dinsdag tot Saterdag by Church Hill Theatre in Edinburgh op die planke wees.

Saamgestel deur Mashudu Mabila

Op die foto hierbo: Jesus Christ Superstar repetisie